1. Die Here is Koning.Hy dra sy koningklere,Hy is sterk.Hy laat die aarde vas staan,dit skud nie.
2. Here, u troon staan vas van die begin af,U was van altyd af daar.
3. Here, die watervloed het geraas,die watervloed het hard geraas,die branders van die watervloed het geraas.
4. Die Here wat uit die hemel regeer,is sterker as die baie water,Hy is sterker as die branders van die see.
5. Here, u wette sal nooit verander nie,u tempel moet altyd ’n gewyde plek wees.