Psalms 122 Bybel vir Almal (ABA)

Julle moet bid dat Jerusalem vrede sal hê

1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Ek was bly toe mense vir my gesê het:“Kom ons gaan na die huis van die Here.”

2. Jerusalem, ons het daar in jou poorte gestaan.

3. Die mense het Jerusalem goed gebou,die huise staan vas teen mekaar.

4. Dit is die stad waarnatoe die stamme kom,die stamme van die Here.Hy het gesê die Israelietemoet daar vir Hom kom dankie sê.

5. Want dit is waar die trone staanwaar die koning moet oordeel,die trone van die stamme van Dawid.

6. Julle moet bid dat Jerusalem vrede sal hê.Julle moet sê: “Ons bid dat die mensewat lief is vir jou, veilig sal woon.

7. Ons bid dat daar vrede sal weesbinne jou mure,ons bid dat die mense in jou mooi huiseveilig sal wees.”

8. Ek dink aan my broers en my vriende,en daarom wil ek sê: Asseblief, Jerusalem,daar moet vrede wees in jou.

9. Ek dink aan die tempel van ons God,en daarom bid ekdat dit goed sal gaan met jou, Jerusalem.