Psalms 79 Bybel vir Almal (ABA)

U moet ons red en U moet ons sondes vergewe

1. ’n Psalm van Asaf.O God, heidene het gekom in die plekwat aan U behoort,hulle het u gewyde tempel ontwy,hulle het Jerusalem verwoes,en daar is nou net hope klippe.

2. Hulle het die lyke van u dienaars,die liggame van die mense wat in U glo,vir die voëls en die wilde diere gegee om te vreet.

3. Hulle het u dienaars se bloed soos waterlaat vloei rondom Jerusalem,en daar was niemand wat hulle begrawe het nie.

4. Ons bure beledig ons,die mense rondom ons lag vir ons en spot ons.

5. Here, hoe lank moet dit aanhou?Wil U altyd kwaad bly vir ons?Moet dit aanhou om ons te brand soos ’n vuur?

6. Dit is die heidene vir wie U kwaad moet wees,die mense wat nie vir U ken nie en wat nie tot U bid nie.

7. Want hulle het die nageslag van Jakob doodgemaaken hulle woonplek verwoes.

8. U moenie vir ons straf oor die sondeswat ons voorvaders gedoen het nie.U moet gou weer goed wees vir ons,want dit gaan baie sleg met ons.

9. O God, U wat ons elke maal gered het,U moet ons help, sodat almal sal weet dat U God is.U moet ons red en U moet ons sondes vergewe,sodat almal sal weet wie U is.

10. Die heidene vra:“Waar is hulle God?”U moet die heidene straf,ons wil sien hoe die heidene voelwanneer U hulle strafomdat hulle u dienaars doodgemaak heten hulle bloed laat vloei het.

11. U moet luister hoe kla en sug die gevangenes,U moet die mense wat naby die dood is,laat aanhou lewe.U is sterk, U kan dit doen.

12. Here, U moet aanhou om ons bure te strafomdat hulle U beledig het.

13. Dan sal ons, u volk, u eie mense,altyd aanhou om vir U dankie te sê.Ons sal vir elke geslag vertelhoekom hulle U moet prys.