Psalms 124 Bybel vir Almal (ABA)

Dit is die Here wat vir ons gehelp het

1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid.“As die Here ons nie gehelp het nie,”dit moet die Israeliete sê, dit moet hulle doen,

2. “as die Here ons nie gehelp hettoe mense ons aangeval het nie,

3. dan het die mense ons lewendig ingeslukomdat hulle kwaad was vir ons,

4. dan het die water ons weggespoel,en dan het die waterstroom oor ons gevloei,

5. dan het die groot branders bo-oor ons gespoel.

6. Ons prys die Here, Hy het ons nie gelossodat die vyande ons kan op-eet nie.

7. Ons is soos ’n voël wat vry weggekom hetuit die vangnet van die voëlvanger.Die net het gebreek, en ons het vry weggekom.

8. Dit is die Hére wat vir ons gehelp het,die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.”