Psalms 80 Bybel vir Almal (ABA)

U moet genadig wees en ons red

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Asaf getuig. ’n Psalm.

2. O Herder van Israel, U moet luister.U wat die nageslag van Josef leisoos ’n herder sy skape en bokke lei,u troon is bokant die gerubs,U moet wys wie U is.

3. U moet dit wys vir die stammeEfraim, Benjamin en Manasse.U moet wys dat U sterk is, U moet ons kom red.

4. O God, U moet dit weer goed laat gaan met ons,U moet genadig wees en ons red.

5. Here, God wat oor alles regeer,hoe lank sal U kwaad blyen nie luister wanneer u volk bid nie?

6. U het ons baie swaar laat kry.Ons huil en treur die hele dag,ons trane hou nie op om te val nie.

7. U laat ons bure met mekaar stryoor wie ons land moet vat,ons vyande lag oor wat met ons gebeur.

8. O God, U wat oor alles regeer,U moet dit weer goed laat gaan met ons,U moet genadig wees en U moet ons red.

9. U het ’n wingerdstok uit Egipte geneem,U het volke uit hulle woonplek gejaagen U het die wingerdstok daar geplant.

10. U het ’n plek gereedgemaak vir die wingerdstoken dit het gegroei, oor die hele land tot by die see.

11. Die berge was in die wingerdstok se skaduwee,sy ranke was bo-oor die hoë sederbome.

12. Sy ranke het gegaan tot by die see,tot by die Eufraat-rivier.

13. Hoekom het U die muur afgebreekwat rondom die wingerdstok was?Elkeen wat op die pad verbykom,kon toe van sy druiwe pluk.

14. Die bosvarke trap die wingerdstok plat,die diere vreet dit op.

15. O God, U wat oor alles regeer,U moet asseblief afkyk uit die hemelen weer goed wees vir hierdie wingerdstok.

16. U self het die wingerdstok geplant,U het hom sterk laat word.

17. Die vyande het die wingerdstok verbrand,hulle het dit afgekap.U moet vir hulle wys dat U kwaad is,U moet hulle laat verdwyn.

18. Maar U moet die volk beskermwat U vir Uself gekies het,hulle is die wingerdstok,en U het die wingerdstok sterk laat word.

19. Dan sal ons nie weer van U weggaan nie.As U ons laat lewe, dan sal ons U aanhou prys.

20. Here, God wat oor alles regeer,U moet weer goed wees vir ons,U moet genadig wees en ons red.