Psalms 67 Bybel vir Almal (ABA)

God seën ons

1. Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. ’n Psalm, ’n lied.

2. O God, U moet goed wees vir onsen ons seën,U moet na ons toe kom. Sela

3. Dan sal die mense op die aarde weetwat U wil hê,al die volke sal weet dat U hulle wil red.

4. O God, die volke moet U prys,die volke moet U prys, hulle almalmoet dit doen.

5. Die volke moet bly wees en vrolik sing,want wanneer U die volke oordeel,dan doen U reg aan almal.U lei die volke op die aarde.

6. O God, die volke moet U prys,die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.

7. Die aarde het koring en vrugte gegee,God, ons God, seën ons.

8. God seën ons,en al die mense op die aarde moet Hom eer.