Psalms 128 Bybel vir Almal (ABA)

Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê

1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Dit gaan goed met almal wat die Here dien,almal wat lewe soos Hy wil hê.

2. As jy dit doen en as jy hard werk,dan sal jy genoeg hê om van te lewe.Dit sal goed gaan met jou,en jy sal ryk word.

3. Jou vrou in jou huis sal weessoos ’n wingerdstok wat baie druiwe dra.Jou kinders by jou tafel sal weessoos jong olyfboompies.

4. Jy moet onthou, dit is hoe die Heredie persoon sal seën wat Hom dien.

5. Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën.Ek bid dat jy sal siendat dit goed gaan met Jerusalem,so lank soos jy lewe,

6. en dat jy jou kinders se kinders sal sien.Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.