Psalms 100 Bybel vir Almal (ABA)

Julle moet juig vir die Here

1. ’n Psalm. Om dankie te sê.Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here.

2. Julle moet bly wees en julle moet die Here dien,julle moet voor Hom kom sing.

3. Julle moet weet dat die Here God is.Hy het ons gemaak, en ons is Syne,ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort.

4. Julle moet deur sy poorte inkomen vir Hom dankie sê,julle moet voor sy tempel kom staanen julle moet Hom prys.Julle moet vir Hom dankie sê,julle moet sy Naam prys.

5. Want die Here is goed,Hy doen altyd wat Hy belowe het,Hy bly dieselfde vir elke geslag.