Psalms 16 Bybel vir Almal (ABA)

U leer vir my hoe om te lewe

1. ’n Lied van Dawid.My God, U moet my beskerm,ek wil veilig wees by U.

2. Here, ek het vir U gesê ek behoort aan U,al die goeie dinge wat ek het, kom van U.

3. Daar is afgode in hierdie land,en daar is mense wat van hulle houen wat dink dat die afgode heilig en sterk is.

4. Dit sal baie sleg gaan met mensewat in daardie afgode glo.Ek sal nie drank-offers van bloedvir hulle gee nie,ek sal nooit hulle name sê nie.

5. Here, ek het net vir U,dit is net U wat my kan laat lewe,dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.

6. U laat my woon op ’n plek wat baie mooi is,ek is lief vir die plek wat U vir my gegee het.

7. Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen,ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer.

8. Ek weet die Here is altyd naby my.Ek val nie, want Hy is by my.

9. Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,

10. want U sal my nie los nie, ek sal nie sterf nie.Ek glo in U, en U sal my nie in die graf laat kom nie.

11. U leer vir my hoe om te lewe,U leer vir my dat ’n mens wat naby U is,’n dankbare mens is,U leer vir my dat dit altyd lekker is by U.