Jesaja 43:2-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees.Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie.Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie.Die vlamme sal jou nie verteer nie.

3. Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte, Kus en Seba as ’n losprys vir jou vryheid.

4. Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is,omdat Ek jou liefhet,gee Ek mense in jou plek,in ruil vir jou lewe.

5. Daarom, moenie bang wees nie,want Ek is by jou. Ek sal jou en jou kinders bymekaarbring vanaf die ooste en hulle versamel uit die weste.

6. Vir die noorde sal Ek sê: ‘Gee terug!’en vir die suide: ‘Moenie terughou nie!’Bring my seuns van ver afen my dogters vanaf die verste uithoeke van die aarde,

7. elkeen wat My as God erken, wat Ek tot my eer gemaak het,wat Ek gevorm en gemaak het.”

8. Bring die volk uit wat oë het,maar niks kan sien, wat ore het, maar niks hoor.

9. Laat al die nasies bymekaarkom,almal moet teenwoordig wees.Watter een van die afgodekon ooit so iets voorspel?Wie kan vooraf sê wat môre sal gebeur? Laat hulle hulle getuies roepom te bewys hulle was regsodat ander dit kan hooren sê: “Dit is waar.”

10. “Julle is my getuies, Israel,” sê die Here. “En jy is my dienaar wat Ek uitverkies hetom My te ken en in My te glo, en te verstaan dat Ek alleen die Here is.Vóór My was daar geen God nie en ná My sal daar geen God wees nie.

11. Ek, ja, Ek is die Here.Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie.

12. Ek het die verlossingaangekondig.Ek het eers gesê wat Ek gaan doenen julle toe gered.Geen vreemde god kon dit doen nie.Julle is getuiesdat Ek die enigste God is,” sê die Here.

13. “Van altyd af is Ek God.Niemand kan uit my handgered word nie.Wat Ek doen, kan niemand omkeer nie.”

14. Dit sê die Herejulle Verlosser, die Heilige van Israel: “Ter wille van julle stuur Ek ’n leërmag na Babel.Dan sal die Babiloniërs moet vlug in dieselfde skepe waarop hulle so trots is.

15. Ek is die Here, die Heilige van Israel, Israel se Skepper en Koning.”

16. So sê die Here. Dis Hy wat ’n pad deur die water gemaak het, ’n droë pad deur die see.

17. Hy wat die sterk leër van Egipte met al sy strydwaens en perde opgeroep het, en hulle almal laat verdrink hetsodat hulle doodgeblaas is soos ’n kers.

18. “Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het.Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie.

19. Ek gaan iets nuuts doen.Dit het alreeds begin gebeur!Sien julle dit nie?Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom!Ek maak vir hulle rivierein die woestyn!

20. Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor.Die jakkalse en die volstruisesal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee.Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les.

Jesaja 43