Eksodus 38:7-28 Bybel vir Almal (ABA)

7. Hy het die dra-pale deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om die altaar te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, dit was soos ’n kas.

8. Besaleël het ’n was-skottel en ’n voetstuk van brons gemaak. Hy het dit gemaak van brons spieëls. Hy het die spieëls gekry by die vroue wat gewerk het by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

12. By die westekant was die gordyne 50 el breed, en daar was tien pale met tien voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.

13. Die voorkant, die oostekant, was 50 el breed.

14. Langs die een kant van die ingang was die gordyne 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.

15. Langs die ander kant van die ingang was die gordyn ook 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.

16. Hy het al die gordyne rondom die oop stuk grond van goeie linne-materiaal gemaak.

17. Hy het die voetstukke van die pale van brons gemaak en die hake en ringe van die pale het hy van silwer gemaak. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en daar was silwer ringe aan al die pale rondom die oop stuk grond.

18. Hy het vir die gordyn in die ingang blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal gebruik. Die gordyn was 20 el lank en vyf el hoog, soos die gordyne rondom die oop stuk grond.

19. Daar was vier pale met vier brons voetstukke en silwer hake. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en ook die ringe.

20. Hy het al die penne rondom die tempel-tent en die oop stuk grond van brons gemaak.

21. Hier is ’n lys van alles wat hulle gebruik het om die tempel-tent te maak waarin die tien gebooie was. Moses het gesê Itamar, die seun van die priester Aäron, moet vir die Leviete sê om alles op te skryf wat die ambagsmanne gebruik het.

22. Besaleël was die seun van Uri, en Uri was die seun van Gur. Besaleël was van die Juda-stam. Besaleël het alles gemaak wat die Here vir Moses gesê het.

23. Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was ’n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef.

24. Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak.

25. Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer.

26. Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes ’n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans.

27. Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik.

28. Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.

Eksodus 38