1. Here, ek roep tot U;maak tog gou!Luister na mywanneer ek na U roep!
2. Aanvaar my gebedsoos wierook voor U,en my uitgestrekte handesoos ’n offer in die aand.
3. Sit ’n wag voor my mond, Here,hou wag oor wat ek sê.
4. Bewaar my van verkeerde begeerteswat lei na bose dade,saam met mense wat sonde doenen so saam eet aan hulle lekkernye.
5. Regverdiges kan my slaan in liefde,en my ook teregwys.Dis soos salwing van die kop met olie,wat ek nie sal weier nie.My gebede is gedurigteen boosdoeners gerig.
6. As hulle leiers afgegooi wordvan ’n krans,dán sal hulle my woorde hooren weet dit was goed.
7. Soos wanneer een wat ploegdie aarde oopbreek,so verspreid lê ons beendere by die bek van die doderyk.
8. Maar my oë is op U gerig,oppermagtige Here.U is my toevlug;moenie my oorgee aan die dood nie.
9. Bewaar my van die strikkewat hulle vir my gestel het,van die vangnetvan hulle wat onreg doen.
10. Laat die goddelosesin hulle eie vangnette val,maar laat my vrykom daarvan.