Psalms 127 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As die Heredie huis nie bou nie,is die bouers se arbeid tevergeefs.As die Heredie stad nie beskerm nie,waak die wagte tevergeefs.

As die Here nie ...

2. Tevergeefs werk julle so hard,van vroegoggend tot laatnag,soos julle swoeg om te bestaan.Maar vir hulle wat Hy liefhet,gee Hy dit in hulle slaap.

3. Kinders is ’n gawe van die Here;die vrug van die moederskoot is ’n beloning.

4. Soos pyle in ’n krygsman se hande,so is seuns gebore in ’n mens se jeug.

5. Gelukkig is die manwie se pylkoker vol van hulle is.Hy sal nie beskaam wordwanneer hy in die stadspoortmet sy vyand onderhandel nie.