Psalms 67 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Psalm. ’n Lied.

God sal ons seën

2. Mag God ons genadig wees en ons seën.Mag sy goedheid oor ons skyn Sela

3. sodat u werke bekend kan word oor die aarde,u reddende krag onder al die nasies.

4. Mag die volke U prys, o God,mag al die nasies U loof.

5. Laat die nasies bly wees en sing van vreugde,want met billikheid regeer U die volkeen lei U die nasies op die aarde. Sela

6. Mag die volke U prys, o God.Mag al die volke U loof.

7. Die aarde het oeste gelewer.God, ons God, sal ons seën.

8. God sal ons seën,en mense oor die hele aardesal Hom dien.