Psalms 43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Stuur u lig en u waarheid

1. Spreek my vry, o God!Verdedig my saakteen ’n goddelose volk.Red my van mense wat vals en boos is.

2. Want U, o God, is my veilige skuilplek.Hoekom het U my dan verstoot?Hoekom moet ek rouomdat vyande my verdruk?

3. Stuur u lig en u waarheid;laat dit my lei.Laat dit my bring na u heilige berg,na die plek waar U woon.

4. Ek sal ingaanna die altaar van God,na God,die bron van vreugdeen blydskap.Ek sal U loof met die harp,o God, my God!

5. Hoekom is ek so neerslagtig?Hoekom so verontrus?Ek sal op God vertrou!Ek sal Hom weer prys,Hy is my redder en my God!