Psalms 61 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Dawidspsalm.

Lei my na die rots

2. O God, luister na my roepstemen hoor my gebed!

3. Vanaf die einde van die aarderoep ek tot U om hulp,want ek is moedeloos.Lei my na die rots hoër as ek.

4. Waarlik, U is vir my ’n skuilplek,’n sterk vesting buite bereik van my vyande.

5. Laat my vir altyd in u woning bly,en onder die beskermingvan u vleuels skuil! Sela

6. Want U het my geloftes gehoor,o God.U vervul die begeerte van hullewat u Naam dien.

7. Voeg dae by die lewe van die koning;laat sy lewensjarevan geslag tot geslag wees!

8. Mag hy vir altyd voor God regeer.Mag u goedheid en waarheidhom bewaar.

9. Dan sal ek u Naam altyd besingen dag na dag my geloftes betaal.