Psalms 80 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Lelies”. ’n Getuienis. ’n Asafpsalm.

Herstel ons tog, Here!

2. Luister tog, Herder van Israel,U wat Josef soos ’n kudde gelei het.U wat oor die gerubs troon,verskyn tog in u heerlikheid

3. aan Efraim, Benjaminen Manasse.Toon ons u magtige krag!Kom tot ons redding!

4. O God, herstel ons tog!Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.

5. Here, God die Almagtige,hoe lank sal U kwaad blyten spyte van u volk se gebede?

6. U het vir hulle trane as kos gegee,’n beker vol droefheidlaat drink.

7. U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure.Ons vyande dryf met ons die spot.

8. God Almagtig, herstel ons tog.Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.

9. U het ’n wingerdstokuit Egipte gaan haal.U het nasies verdryfen dit hier geplant.

10. U het die grond vir hom reggemaak;sy wortels het gegroei en die land gevul.

11. Die berge is oordek met sy skaduwee;die magtige seders met sy takke.

12. Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot,en sy takke na die Eufraatrivier toe uitgesprei.

13. Hoekom het U sy mure afgebreeksodat verbygangers dit kan stroop?

14. Wildevarke van die bos verwoes dit,en die wilde diere vreet dit op.

15. God Almagtig, kom tog terug!Kyk neer vanuit die hemel.Ontferm U togoor hierdie wingerdstok,

16. die loot wat U self geplant het,en oor hierdie seunwat U vir Uself grootgemaak het.

17. Laat dié wat u wingerdstok verbranden aan stukke gekap het,tot niet gaanwanneer U hulle teregwys.

18. Versterk die man aan u regterhand,die mensekindwat U vir Uself grootgemaak het.

19. Dan sal ons U nie weer verlaat nie.Laat ons herlewe,dan sal ons weer u Naam aanroep.

20. O Here, God die Almagtige, herstel ons tog.Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.