13. “My volk het twee bose dinge gedoen: Hulle het My verlaat,die fontein wat lewe gee. En hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.”
14. “Is Israel ’n slaaf? Hulle is mos nie gebore as slawe nie!Hoekom is hulle nou soos ’n prooi?
15. Leeus het hard en dreigend teen Israel gebrul. Hulle het die land verwoes, die dorpe is nou puinhope. Niemand bly meer daar nie.
16. Die mense uit Egipte,Memfis en Tagpanges het Israel se mag verbreek en hulle verneder.
17. Julle het die probleme oor julleself gebring deur teen die Here te rebelleer toe Hy julle op die regte pad wou lei!
18. Wat het dit julle gehelp om by Egipte, of selfs by Assirië te gaan hulp soek? Kon die waters van die Nylof die Eufraat julle dors les?
19. Julle eie sonde sal julle straf.Julle sal sien hoe bitter dit isom ontrou aan My te lewe, om die Here julle God nie te eer nie.Dit is Ek, die oppermagtige Here, die Almagtige, wat praat!
20. “Lank gelede het Ek die juk gebreekwaarmee jy moes ploeg. Ek het die kettings van slawerny van jou afgehaal, maar jy het gesê: ‘Ek sal Hom nie dien nie.’Op elke heuwel en onder elke groen boomhet jy jou soos ’n prostituut gedraen voor die afgode gebuig.
21. “Ek het jou geplant as ’n uitgesoekte wingerdstok, opreg gekweek!Hoe het julle dan veranderin ’n wilde druiwestok?
22. Al was julle julleself ook met groot hoeveelhede seep en met die sterkste wasmiddels,dit sal nie help nie.Vir My sal al julle skuld soos vuil vlekke bly,”sê die oppermagtige Here!
23. “Hoe kan julle sê: ‘Dit is nie waar nie! Ons het nie beelde van Baäl aanbid nie’?Gaan kyk gerus wat julle in al julle valleie doen.Neem verantwoordelikheid vir julle doen en late! Julle tree op net soos ’n onrustige kameelkoei wat rondhardloop op soek na ’n bul.
24. Julle tree net soos ’n wildedonkie op. As dit paartyd is, snuif sy in die wind. Wie kan haar drange beheer? Die hingste hoef nie eers na haar te soek nie. Sy hardloop agter hulle aan!
25. Waarom loop julle agter die gode aan totdat julle skoene deurgeloop is en julle kele brand van dors? Maar julle sê: ‘Moenie jou asem mors nie.Ons is lief vir hierdie vreemde gode. Ons sal nie ophou om hulle te aanbid nie!’
26. “Soos ’n dief wat betrap word in die skande kom, so sal Israel – sy konings, leiers, priesters en profete –in die skande kom.
27. Hulle sê vir ’n beeld uit hout gesny: ‘Jy is my pa.’ En vir ’n beeld uit klip gekap: ‘Jy is my ma.’Hulle steur hulle glad nie aan My nie, maar sodra hulle in die moeilikheid is, roep hulle: ‘Kom help ons!’
28. Hoekom vra julle nie hulp by hierdie godewat julle gemaak het nie?As húlle kan, laat hulle julle uit die moeilikheid help! Juda, julle het net soveel godeas dorpe.