Esegiël 40:34-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Die voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk. Daar was palmversierings aan die mure aan weerskante, en agt trappe het na die ingang gelei.

35. Daarna het die man my na die noordelike ingang gevat. Hy het dit gemeet, en die afmetings was dieselfde as die ander ingange.

36. Die sykamers, mure en toegangsportaal het dieselfde afmetings as die ander gehad, en daar was ook vensteropenings rondom. Die ingang was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd.

37. Sy voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was versierings van palms aan die mure. Agt trappe het na die ingang gelei.

38. ’n Deur het uit die voorportaal na die binneste ingang aan die noordelike kant gelei, na ’n sykamer waar die vleis vir die offers gewas is voor dit na die altaar geneem is.

39. Aan elke kant van hierdie voorportaal was daar twee tafels waar die offerdiere geslag is vir die brandoffer, sonde-offer en skuldoffer.

40. Buite, langs die voorportaal, aan elke kant van die trappe wat na die noordelike ingang opgaan, was nog twee tafels. Aan die ander kant van die trappe was daar ook twee tafels.

41. Daar was dus agt tafels in totaal, vier binne en vier buite. Dis waar die offers opgesny en voorberei is.

42. Daar was ook vir die voorbereiding van die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen ’n driekwart vierkante meter en ’n half meter hoog. Op hierdie tafels is die slagmesse neergesit om die brandoffer en ander offers te slag.

43. Hier was hake, elkeen agt sentimeter lank, wat aan die voorportaal se muur vas is. Die offervleis is op die tafels neergesit.

44. Binne die binneste voorhof was daar twee geboue met vertrekke vir die sangers, een teen die noordelike ingang wat suid kyk en die ander teen die oostelike ingang wat noord kyk.

45. Die man sê toe vir my: “Die gebou langs die noordelike binneste ingang is vir die priesters wat in die tempel werk.

Esegiël 40