Jesaja 60:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig!Vir jou het die lig gekom,die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.

2. Daar is donkerte oor die aarde,duisternis oor die nasies,maar oor jou gee die Here lig,oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid.

3. Nasies kom na jou lig toeen konings na die glans van die nuwe dagwat vir jou aangebreek het.

4. Kyk rondom jou, kyk,hulle kom almal bymekaar,hulle kom na jou toe:jou seuns kom van ver af,jou dogters word met liefde gebring.

5. Jy sal dit sien en van vreugde straal,jy sal bewe van blydskap,want die rykdom van die see word joune,die skatte van die nasies kom in jou besit.

6. Jou land sal vol kamele wees,jong kamele uit Midian en Efa.Almal wat uit Skeba kom,bring goud en wierooken verkondig die lof van die Here.

7. Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaargemaak,die ramme van Nebajot is tot jou beskikking;hulle is aanneemlike offers op my altaar.So vermeerder Ek die roem van die huiswaar Ek geëer word.

8. Wat kom hier aangesweef soos wolke,soos duiwe na hulle neste toe?

9. Dit is die skepe van die eilande wat na My toe op pad is;heel voor is die skepe van Tarsis af.Hulle bring jou seuns van ver af,en ook silwer en goud,tot eer van die Here jou God,die Heilige van Israel,omdat Hy jou roem wil vermeerder.

10. Uitlanders sal jou mure herbou,en hulle konings sal in jou diens wees.Ek het jou in my toorn gestraf,maar in my genade ontferm Ek My oor jou.

11. Jou poorte sal altyd oop staan,dag of nag sal hulle nie gesluit word niesodat die rykdomme van die nasies na jou toe gebring kan word,en hulle konings as gevangenes na jou toe gelei kan word.

12. Die nasie, die koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn,dié nasies sal heeltemal tot niet gaan.

13. Die hoë bome van die Libanon sal na jou toe kom,sipresse, platane en denne,om die roem van my heiligdom te vermeerder,om luister te verleen aan my tempel:

14. dié wat jou verdruk het,sal na jou toe kom en buig,almal wat jou met minagting behandel het,sal by jou voete kniel.Hulle sal jou noem: Stad van die Here,Sion van die Heilige van Israel.

15. Jy sal nie meer verstoot en gehaat wees nie,'n plek waar niemand kom nie,want Ek gee blywende roem aan jou,vreugde sonder einde.

16. Jy sal deur nasies en konings versorg wordsoos 'n kind wat aan sy moeder se bors gevoed word.Dan sal jy besef dat Ek die Here is, jou Redder,dat die magtige God van Jakob jou Verlosser is.

Jesaja 60