1 Kronieke 10:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe die Israeliete in die Jisreëlvlakte sien dat hulle leër gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.

8. Die volgende dag toe die Filistyne uitgaan om die gesneuweldes te plunder, vind hulle die lyke van Saul en sy seuns op Gilboaberg.

9. Hulle het sy lyk gestroop van sy wapens en sy kop afgekap. Toe het hulle boodskappers deur die hele land van die Filistyne gestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en die volk bekend te maak.

10. Hulle het sy wapens in die huis van hulle god gesit en sy kop in die tempel van Dagon vasgeslaan.

11. Die mense van Jabes-Gilead het gehoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het.

12. Toe het hulle soldate gegaan en die lyke van Saul en sy drie seuns teruggebring na Jabes toe. Hulle het die oorskot onder die eikeboom in Jabes begrawe, en sewe dae lank gevas.

13. Saul is dood omdat hy ontrou aan die Here was. Hy het nie die Here se opdrag gehoorsaam nie, en het selfs leiding by iemand gaan soek wat geeste oproep.

14. Hy het nie die Here geraadpleeg nie. Daarom het die Here hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid seun van Isai gegee.

1 Kronieke 10