12. Daarna het Zilpah, die slavin van Le’ah, geboorte gegee aan ’n tweede seun vir Ya’akov.
13. Toe sê Le’ah: “Ek is gelukkig! Die dogters sal my lof besing.” Sy het hom Asher genoem.
14. Re’uven het in die dae van die graanoes gegaan en alruin in die veld gevind en dié na sy moeder Le’ah gebring en Ragel sê vir Le’ah: “Gee vir my van jou seun se alruin.”
15. Sy antwoord haar: “Is dit iets kleins dat jy my man weggevat het? Sal jy my seun se alruin ook wegvat?” Ragel sê: “Vir jou seun se alruin mag hy vannag by jou lê.”
16. Toe Ya’akov teen sonsondergang uit die veld uit kom, gaan Le’ah hom tegemoet en sê: “Jy moet inkom na my toe, want ek het jou gehuur vir my seun se alruin.” Hy het dié nag by haar gelê.
17. God het Le’ah verhoor: sy het bevrug geword en vir Ya’akov geboorte gegee aan ’n vyfde seun.
18. Le’ah het gesê: “God het my my loon gegee omdat ek my slavin aan my man gegee het.” Sy het hom Yissakhar genoem.
19. Le’ah het weer bevrug geword en vir Ya’akov geboorte gegee aan ’n sesde seun.
20. Le’ah het gesê: “God het aan my ’n goeie geskenk toegestaan; die keer sal my man uiteindelik by my bly, want ek het vir hom geboorte gegee aan ses seuns.” Sy het hom Z’vulun genoem.
21. Daarna het sy geboorte gegee aan ’n dogter en haar Dinah genoem.
22. God het Ragel onthou en God het haar gehoor en haar baarmoeder oopgemaak:
23. sy het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun. Sy het gesê: “God het my skande weggevat.”
24. Sy het hom Yosef genoem en gesê: “יהוה sal vir my nog ’n seun byvoeg!”
25. Dit het so gebeur dat toe Ragel geboorte gegee het aan Yosef, Ya’akov vir Lavan gesê het: “Laat my gaan sodat ek na my eie plek en my eie land kan gaan.
26. Gee my vroue en my jongelinge waarvoor ek u gedien het sodat ek kan gaan, want u ken self die diens waarmee ek u gedien het.”
27. Lavan antwoord hom: “Bly asseblief as ek guns in u oë gevind het; ek het die tekens gesien dat יהוה my om jou ontwil geseën het.”
28. Hy sê ook: “Spesifiseer vir my jou loon en ek sal dit gee.”
29. Hy antwoord hom: “U weet self hoe ek u gedien het en hoe u vee by my is,