Numeri 21:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Toe het die Here slange gestuur wat vlerke het. Die slange het die mense gepik, en baie Israeliete het gesterf.

7. Die mense het na Moses toe gekom en gesê: “Ons het sonde gedoen, want ons het teen die Here en teen jou gepraat. Jy moet tot die Here bid en jy moet vra dat Hy die slange moet wegneem van ons.”Moses het toe gebid soos die volk gevra het,

8. en die Here het vir hom gesê: “Jy moet ’n slang maak wat vlerke het en jy moet die slang vasmaak aan ’n vlagpaal. As ’n slang iemand gepik het, dan moet daardie persoon na die slang op die paal kyk, en dan sal die persoon nie sterf nie.”

9. Moses het ’n slang van brons gemaak en hy het die slang vasgemaak aan ’n vlagpaal. Wanneer ’n slang iemand gepik het, en die persoon kyk na die slang van brons, dan het hy nie gesterf nie.

10. Die Israeliete het verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Obot.

Numeri 21