Jeremia 50:10-26 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die vyande sal die Galdeërs vang en wegvat,hulle sal aanhou totdat hulle genoeg het.”Dit sê die Here.

11. Die Here sê:“Galdeërs, julle wat nou die goed wegdra uit my stad,julle is nou bly en julle juig,julle spring rond soos kalwers op ’n dorsvloer,julle raas, julle runnik soos perde-hingste.

12. Maar dit sal sleg gaan met julle,julle vyande sal julle verneder,julle sal die volk word wat die minste belangrik is,julle land sal ’n droë woestyn word.

13. Die Here is kwaad,daar sal niemand in Babel woon nie,dit sal ’n leë stad word.Elkeen wat by Babel verbygaan,sal bang word en fluitoor alles wat met die stad gebeur het.

14. Julle wat skiet met ’n pyl en boog,julle moet Babel aanval van al die kante.Julle moet skiet, julle moet al julle pyle gebruik,want Babel het sonde gedoen teen die Here.

15. Julle moet skree wanneer julledie stad aanval van al die kante.Die mense van Babel hou op om te veg,die torings van Babel val om,die vyande breek die stad se mure af,want die Here straf die mense van die stad.Julle moet met die mense van Babel dieselfde doenwat hulle met julle gedoen het.

16. Julle moet die mense wat koring saai,uit Babel laat verdwyn,en ook die mense wat koring afsny.Julle moet hulle doodmaak met ’n swaardwat nie ophou om dood te maak nie.Al die mense van ander landesal na hulle eie volke en lande vlug.

17. “Israel is soos skape wat weggeraak het, leeus het hulle weggejaag na al die kante toe. Die koning van Assirië het eers die Israeliete opgevreet, en toe het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene stukkend gekou.”

18. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Daarom sal Ek die koning van Babel en sy land straf soos Ek die koning van Assirië gestraf het.

19. En Ek sal Israel laat terugkom na hulle land. Hulle is my skape en hulle sal wei op Karmel-berg en Basan-berg, hulle sal genoeg kry om te eet op die Efraim-berge en op die Gilead-berge.”

20. Die Here sê: “Daardie tyd sal mense vra wat Israel verkeerd gedoen het en watter sonde Juda gedoen het. Maar hulle sal nie skuldig wees nie, want Ek sal al die sondes vergewe van hulle mense wat nog lewe.”

21. Die Here sê:“Jy moet na die land Meratajim gaan,jy moet die mense van die land Pekodgaan aanval,jy moet hulle stede verwoes,jy moet hulle almal doodmaak.Jy moet alles doen wat Ek vir jou sê.

22. Daar kom oorlog in Galdeër-land,die vyande sal alles verwoes.

23. Babel was die hamerwat die aarde geslaan het,maar die hamer is nou stukkend.Die ander volke sal bang wordwanneer hulle sien wat gebeurmet Babel.

24. Babel, jy het ’n vangstrik gemaak,en dit het jóú gevang,maar jy het dit nie geweet nie.Jy sit vas, want jy wou oorlog maak teen die Here.

25. Die Here het sy wapenkamer oopgemaaken Hy het sy wapens uitgehaal,want Hy is kwaad.Die Here wat oor alles regeer,wil iets doen in Galdeër-land.

26. Julle moet van oral na Babel kom,julle moet hulle koringstore oopmaak,julle moet hulle soos hope koring opmekaar gooi,julle moet hulle almal doodmaak,nie een moet aanhou lewe nie.

Jeremia 50