3. 'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit,is soos 'n reën wat alles verspoel,sodat daar niks te ete oorbly nie.
4. Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense;wie die wet onderhou, beveg hulle.
5. Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie;dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
6. Liewer arm wees en eerbaar leweas oneerlik lewe en ryk wees.
7. 'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here;as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie,bring hy skande oor sy vader.