Jesaja 57:5-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Julle dien die afgodemet julle wellus onder die groot bome,onder elke groen boom.Julle offer julle kinders in die laagtesen onder die oorhangende rotse.

6. Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,daar soek julle julle deel.Vir hulle bring julle drankoffersen offer julle graanoffers.Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?

7. Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheiden daarheen opgeklim om offers te bring.

8. Agter jou deure en aan jou kosynehet jy beeldjies opgehang.In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek,op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak.Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het.Jy het hulle naaktheid geniet.

9. Jy het na Molek toe gegaan met olieen met baie wierook;jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur,selfs tot by die doderyk!

10. Jou soekery het jou moeg gemaak;tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie.Jou wellus het jou aanhou oorweldig,daarom het jy nie opgehou nie.

11. Vir wie was jy so bang en bevreesdat jy vals geword het?Jy dink nie meer aan My nie,jy steur jou nie meer aan My nie.Ek het lank geswygtoe jy My nie meer gedien het nie,

12. maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,alles wat jy gedoen het,en jou gode sal jou nie kan help nie.

13. As jy om hulp roep,moet jou spul gode jou kom red,maar 'n wind waai hulle almal weg,'n yl luggie vat hulle weg.Maar wie by My skuil, sal die land besiten my heilige berg as eiendom ontvang.

14. Die Here het gesê:Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.

15. So sê Hy wat hoog en verhewe is,Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:Ek woon in 'n hoë en heilige pleken Ek is by hom wat verdruk en nederig is.Ek gee nuwe krag aan die nederiges,Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.

16. Ek reken nie vir altyd sondes toe nie,Ek bly nie vir altyd toornig nie,want anders sou dit die einde beteken van die mens,die mens aan wie Ek die asem gegee het.

Jesaja 57