7. Ek maak die lig en skep die donker;Ek gee voorspoed en skep rampspoed.Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.
8. Laat die reën uitsak, hemel,laat redding reën, wolke,breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem,laat trou uitspruit.Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge.
9. Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het,'n potskerf tussen potskerwe van klei.Durf die klei vir die een wat dit vorm, sê: “Wat maak jy?”Durf wat jy gemaak het, van jou sê:“Hy kan nie sy hande gebruik nie!”
10. Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê:“Waarom verwek u 'n kind?”of vir sy ma: “Waarom bring u 'n kind in die wêreld?”
11. So sê die Here, die Heilige van Israel,die Skepper van Israel:Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur?Durf julle aan My voorskryf oor my kindersen oor die werk van my hande?
12. Ek het die aarde gemaak;die mensdom wat daarop is, het Ek geskep.Ek het met my hande die hemel oopgespanen Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee.
13. Ek het vir Kores te voorskyn laat tree om reg te laat geskied;Ek verwyder elke hindernis op sy pad.Hy sal my stad weer opbouen my ballinge terugstuursonder dat hy betaling of 'n geskenk daarvoor ontvang,sê die Here die Almagtige.
14. So sê die Here:Die opbrings van Egipte en die winste van Kussal na jou toe oorgaan en sal joune wees,ook die mense van Seba, die groot mense.Hulle sal agter jou loop en jou volg in kettings,hulle sal diep voor jou buig en teenoor jou bely:“Waarlik, God is by jou,en daar is geen ander nie,daar is nie nog 'n God nie.”
15. U is die God wat U verborge hou,die God van Israel, die Redder!