10. Israel, julle is my getuies, sê die Here,en ook my dienaar wat Ek uitverkies hetsodat julle My kan ken en in My kan gloen kan besef dat Ek die Here is.Voor My was daar geen god nie,en na My sal daar ook nie een wees nie,
11. Ek, Ek is die Here,buiten My is daar geen redder nie.
12. Ék het die redding aangekondig,Ék het gered en dit laat verkondig,Ek, nie 'n ander god onder julle nie.Julle is my getuies, sê die Here,en Ek is God.
13. Ook hierná is Ek nog God.Uit my mag kan niemand gered word nie.Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie.
14. So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel:Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babelen laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlugmet dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het.
15. Ek is die Here, julle heilige God,die Skepper van Israel, julle Koning.
16. So sê die Here,Hy wat 'n pad gemaak het deur die see,'n deurgang deur die magtige waters,
17. Hy wat strydwaens en perde laat optrek het,'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe.Hulle kon nie weer opstaan nie,dit was klaar met hulle,hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.
18. Maar moenie net aan die vroeëre dinge dinken by die verlede stilstaan nie.
19. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,dit staan op die punt om te gebeur,julle kan dit al sien kom;Ek maak in die woestyn 'n pad,Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
20. Die wilde diere sal My vereer,die jakkalse en die volstruise,omdat Ek water gee in die woestyn,riviere in die droë wêreldom my volk, my uitverkore volk, se dors te les.
21. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het,en wat my lof sal verkondig.
22. Maar jy het My nie aangeroep nie, Jakob,jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel.
23. Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring,My nie met offers vereer nie;Ek het jou nie belas met graanoffers nie,jou nie die moeite aangedoenom vir My wierookoffers te bring nie.
24. Jy het nie geld uitgegeeom vir My wierookoffers te koop nie,en jy het My nie met die vet van offers verkwik nie.Inteendeel, jý het Mý belas met jou sondes,jy het My moeite aangedoen met jou oortredinge.