1. Dit was die tiende dag van die nuwe jaar, die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap en die veertiende jaar nadat Jerusalem verwoes is. Presies op dié dag het die mag van die Here my in besit geneem en my
2. in 'n gesig wat van God gekom het, na Jerusalem toe gebring. Hy het my na die land Israel toe gebring en my op 'n baie hoë berg neergesit. Aan die suidekant op die berg was daar geboue wat gelyk het na dié van 'n stad.
3. Hy het my daarnatoe gebring en daar sien ek toe 'n man wat gelyk het of hy van brons is. Daar was 'n linnetou en 'n meetstok in sy hand, en hy het by 'n poort gestaan.
4. Die man het vir my gesê: “Mens, jy moet goed kyk en luister, jy moet oplet na alles wat ek vir jou wys, want jy is hiernatoe gebring om alles vir jou te wys. Wat jy gesien het, moet jy dan vir Israel gaan sê.”
5. Daar was 'n muur buite-om die tempelgeboue. Die meetstok wat die man in sy hand gehad het, was drie meter lank, langer dus as 'n gewone meetstok. Die man het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en net so hoog.
6. Daarna het die man na die poort toe gegaan wat oos gekyk het, die trappe opgeklim en die poort se drumpel gemeet. Dit was drie meter breed. Daar was net een drumpel en hy was drie meter breed.
7. Die sykamers binne-in die poortgebou was elkeen drie meter in die vierkant, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en 'n half meter dik. Aan die binnekant, agter teen die poortgebou, was daar 'n toegangsportaal. Die drumpel na die portaal toe was drie meter breed.
8. Die man het die drumpel na die toegangsportaal toe gemeet. Dit was drie meter breed.
9. Daarna het hy die toegangsportaal self gemeet. Dit was vier meter, en die mure weerskante van die agterste uitgang van die toegangsportaal was een meter dik.
10. Aan weerskante binne-in die poortgebou was drie sykamers, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik.
11. Die man het ook die poort gemeet. As dit oop is, was dit vyf meter wyd, maar die volle wydte van die poort was ses en 'n half meter.
12. Daar was afskortings voor die sykamers weerskante in die poortgebou. Die afskortings was 'n half meter dik en die sykamers was drie meter in die vierkant.
13. Die man het verder die wydte van die poortgebou gemeet van waar die dak en die muur van een sykamer aan mekaar raak tot by dieselfde plek aan die teenoorgestelde kant. Die wydte was twaalf en 'n half meter. Die sykamers se ingange was die een reg teenoor die ander.
14. Die man het dieselfde gedoen met die toegangsportaal. Die afstand na die kant van die voorhof toe agter rondom die poortgebou was dertig meter,