Amos 1:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woorde van Amos, 'n skaapboer uit Tekoa. Hy het oor Israel 'n gesig gesien tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. Dit het twee jaar voor die aardbewing gebeur.

2. Amos het gesê:Wanneer die Here uit Sion brul,wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor,verdor die weivelde van die herdersen verdroog die top van Karmelberg.

3. So sê die Here:Selfs as Damaskus net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het vir Gilead met skerp ysters gemartel.

4. Daarom sal Ek in die paleis van Gasael 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Ben-Hadad verteer.

5. Ek sal die grendels van Damaskus stukkend breek,die inwoners van Bikat-Awenen die regeerder van Bet-Eden uitroei.Die Arameërs sal in ballingskap na Kir toe weggevoer word,sê die Here.

6. So sê die Here:Selfs as Gasa net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het mense voor die voet as ballinge weggevoeren aan Edom uitgelewer.

7. Daarom sal Ek binne die mure van Gasa 'n vuur laat losbreeken dit sal sy mooi huise verteer.

8. Ek sal die inwoners van Asdoden die regeerder van Askelon uitroei.Ek sal my hand teen Ekron oplig,en die Filistyne wat nog oor is, sal omkom,sê die Here my God.

Amos 1