Psalms 23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Die Here is my herder.

1. ’n PSALM van Dawid.Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.