Psalms 100 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

’n Oproep om God te prys.

1. ’n PSALM. By die lofoffer. Juig voor die Here, o ganse aarde!

2. Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

3. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

4. Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

5. Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.