1. EN die toorn van die Here het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.
2. Toe sê die koning vir Joab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van Israel, van Dan tot Berséba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet.
3. En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die Here u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?
4. Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab en die leërowerstes, en Joab het met die leërowerstes van die koning af uitgegaan om die volk Israel te tel.
5. En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan by Ároër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Jaéser.
6. Verder het hulle in Gílead gekom en in die land Tagtim-Hodsi en na Dan-Jaän gekom en rondom na Sidon.
7. En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van Juda in Berséba.
8. So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.
9. En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agthonderdduisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyfhonderdduisend man.
10. Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die Here gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; Here, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.
11. Toe Dawid die môre opstaan — die woord van die Here het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê: