Romeine 10:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!”

16. Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?”

17. Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.

18. Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor:“Die boodskappers se stemhet oor die hele wêreld uitgegaan;hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.”

19. Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê:“Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlikgeen volk is nie;Ek sal julle kwaad maak oor ’n volkwat nie julle kennis het nie.”

20. Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God:“Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie;Ek het Myself bekendgemaakaan mense wat nie na My gevra het nie.”

21. Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”

Romeine 10