Jesaja 45:7-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Ek maak die lig en skep die donkerte.Ek gee voorspoed en stuur slegte tye.Ek, die Here, is die Een wat al hierdie dinge doen.

8. “Laat die wolke regverdigheid reën.En laat die aarde oopgaan om dit te ontvangen die vrug van redding oplewersodat regverdigheid daaruit kan voortspruit.Ek, die Here, het hierdie dinge gemaak.

9. Ellende wag vir homwat sy Skepper verwyt,’n potskerf tussen potskerwe.Kan die kleipot vir sy maker sê:‘Wat maak jy?’Kan jou handewerk vir jou sê: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie’?

10. Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê:‘Waarom het u ’n kind verwek?’Of vir ’n vrou: ‘Hoekom het julle ’n kind in die wêreld gebring?’”

11. Die Here, die Heiligeen die Skepper van Israel, reageer so daarop: “Betwyfel julle wat Ek doen?Sê julle vir My wat Ek moet doen?

12. Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe.Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek.Al die miljoene sterre staan onder my bevel.

13. Ek het Kores opgeroep om reg te doen.Ek self maak ’n pad waarop hy sal loop.Hy sal my stad herstel, en my ballinge bevry.Hy sal nie beloon word vir wat hy doen nie,sê die Here, die Almagtige.”

14. So sê die Here: “Die produkte van Egipte, en die handelsware van Kus, ook die lang mense van Seba sal na jou toe kom.Hulle sal agter jou loopen jou gevangenes wees.Hulle sal voor jou buigen teenoor jou bely en sê: ‘God is verseker met jou!Daar is geen ander God nie. Hy is die enigste God!’”

15. Waarlik, U is ’n God wat Uself verberg,God en Redder van Israel!

16. Mense wat afgodsbeelde maak, sal verneder word en in die skande kom.

17. Maar die Here sal Israel vir altyd red.Hulle sal nooit weer verneder wordof in die skande kom nie.

18. So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het,Hy is Godwat die aarde gevorm en gemaak het.Hy het dit gevestig.Hy het dit nie gedoen om leeg te wees nie, maar om bewoon te word. “Ek is die Here,” sê Hy.“Daar is niemand anders nie.

19. Ek het nie in die geheim gepraat, êrens in ’n donker land nie.Ek het nie vir die afstammelinge van Jakob beveel om vir My iets te vra wat Ek nie beplan om vir hulle te gee nie.Ek, die Here, praat die waarheid.Ek sê wat reg is.

20. “Kom almal vir ’n vergadering bymekaar, julle almal uit die nasies wat rondhardloop. Hoe dwaas is almal wat hulle afgodsbeelde van hout ronddra, wat bid tot gode wat nie kan red nie!

21. Praat saam, stel julle saak,bring julle bewyse dat afgode kan vertelwat in die toekoms gaan gebeur.Wie het lankal terug gesê wat gaan gebeur? Was dit nie Ek, die Here, nie? Want daar is geen ander God as Ek nie,’n regverdige God en ’n Redder.Buiten My is daar niemand nie.

Jesaja 45