1. Here, ek eer en prys u Naam, want U is my God. U doen wonderlike dinge! U het dit lankal beplan, en nou het U dit uitgevoer.
2. U het ’n stad in ’n puinhoop verander. Die stad met sterk mure het ’n rommelhoop geword. Pragtige paleise in verre lande het verdwyn en word nooit weer herbou nie.
3. Daarom sal sterk nasies van u heerlikheid vertel, genadelose volke U eer.
4. Vir die armes is U, Here,’n toevlug in die storm.Vir die behoeftiges in nood is U ’n skuilplek teen die hitte en die stortreën. Die onderdrukkende dade van genadelose mense is soos ’n storm wat slaan teen die muur,