11. Jou mag en krag het verdwyn. Dis saam met jou begrawe. Die vrolike musiek in jou paleishet opgehou.Die bed onder jou is maaiers, jy maak jou toe met wurms.’
12. “Hoe het jy uit die hemel geval, blink ster, seun van die môre! Jy is op die aarde neergegooi, jy wat die nasies van die wêreld verpletter het.
13. Jy het mos vir jouself gesê: ‘Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde.
14. Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’
15. Maar in plaas daarvan sal jy in die doderyk beland, in sy diepste deel.
16. Almal daar sal jou aangaap en vra: ‘Kan dit die man wees wat die aarde met sy koninkryke geskud het?
17. Is dit die man wat die wêreld in ’n woestyn verander het? Is dit die koning wat die wêreld se grootste stede platgevee het en geen genade vir sy gevangenes gehad het nie?’
18. “Al die konings van die nasies is met eer begrawe,elkeen in sy eie graf.
19. Maar jou lyk word in die graf gegooi soos ’n boomtak wat klaar verrot is. Jy lê in ’n massagraf saam met die lyke van dié wat in die oorlog dood is. Soos ’n lyk wat vertrap word,
20. sal jy nie ’n behoorlike begrafnis kry nie. Want jy het jou eie volk verwoes en jou eie mense geslag. Mag jou seun jou nie as koning opvolg nie!
21. Maak hierdie booswig se kinders dood sodat hulle nie opstaan en die land beset of die stede van die wêreld herbou nie!”
22. So sê die Here, die Almagtige: “Ek self het teen hom opgestaan! Ek sal sy kinders en kleinkinders doodmaak, sodat hulle nooit op Babilon se troon sit nie.