24. Julle tree net soos ’n wildedonkie op. As dit paartyd is, snuif sy in die wind. Wie kan haar drange beheer? Die hingste hoef nie eers na haar te soek nie. Sy hardloop agter hulle aan!
25. Waarom loop julle agter die gode aan totdat julle skoene deurgeloop is en julle kele brand van dors? Maar julle sê: ‘Moenie jou asem mors nie.Ons is lief vir hierdie vreemde gode. Ons sal nie ophou om hulle te aanbid nie!’
26. “Soos ’n dief wat betrap word in die skande kom, so sal Israel – sy konings, leiers, priesters en profete –in die skande kom.
27. Hulle sê vir ’n beeld uit hout gesny: ‘Jy is my pa.’ En vir ’n beeld uit klip gekap: ‘Jy is my ma.’Hulle steur hulle glad nie aan My nie, maar sodra hulle in die moeilikheid is, roep hulle: ‘Kom help ons!’
28. Hoekom vra julle nie hulp by hierdie godewat julle gemaak het nie?As húlle kan, laat hulle julle uit die moeilikheid help! Juda, julle het net soveel godeas dorpe.
29. “Hoekom kla julle My aan? Dit is julle wat teen Myin opstand kom,” sê die Here!
30. “Tevergeefs het Ek julle mense gestraf. Hulle het hulle nie gesteur aan vermanings nie. Julle het julle profete afgemaaisoos leeus ’n prooi verskeur.
31. “Israel, luister na die woord van die Here! Hy vra: ‘Is Ek vir Israelsoos die woestyn of ’n pikdonker land?’ Hoekom sê my volk: ‘Uiteindelik is ons vry,en ons wil nooit weer iets met Hom te doen hê nie’?
32. Vergeet ’n meisie haar juwele? Sal ’n vrou vergeet hoe haar trourok gelyk het? Hoe kan my mense My dan dae aaneen vergeet?
33. Jy ken al die fyner kunsies om minnaars te lok. Die mees ervare prostituutkan by jou kom leer.
34. Jou klere is bevlek met bloed van onskuldige armes.Jy maak hulle dood selfs al het hulle nie by jou huis ingebreek nie.
35. Tog sê jy: ‘Ek is onskuldig. Regtig, die Here kan nie vir my kwaad wees nie!’Weet dit: Ek gaan jou strafjuis omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie!’
36. Jy flankeer van die eenna die ander om jou te help.Maar soos Assirië jou in die steek gelaat het,so sal Egiptejou ook in die steek laat.
37. Jy sal terugkommet jou hande op jou kop, en in ballingskap gaan,want die Here het die nasies verwerp op wie jy vertrou het.Jy sal nie slaag nie, ondanks hulle hulp.”