Genesis 48:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Jakob sê toe vir Josef: “Ek het nie gedink ek sou jou ooit weer sien nie, maar nou het God selfs toegelaat dat ek jou kinders ook kan sien.”

12. Josef tel toe die seuns af van hulle oupa se skoot af en buig laag voor hom.

13. Josef het albei sy seuns voor Jakob laat staan, Efraim aan sy regterhand, aan Jakob se linkerkant en Manasse aan sy linkerhand, aan Jakob se regterkant.

14. Maar Jakob het sy arms oorkruis gehou toe hy sy hande op die koppe van die seuns sit. Sy regterhand was dus op die kop van die jonger seun Efraim, en sy linkerhand op die kop van die oudste een Manasse.

15. Toe seën hy vir Josef en sê: “Mag God, die God voor wie my oupa Abraham en my pa, Isak, geleef het, die God wat my versorg het my lewe lank tot vandag toe,

16. en die Engel wat my uit alle gevaar gered het, mag Hy hierdie twee seuns seën. Mag Hy sorg dat my naam en die name van my oupa Abraham en my pa, Isak, in hulle voortleef. En mag hulle ’n groot nasie word.”

17. Maar Josef het gesien dat sy pa sy regterhand op Efraim se kop gesit het en gedink dit is ’n fout. Daarom tel hy Jakob se hand op om dit op Manasse se kop te sit.

Genesis 48