Genesis 11:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daar was ’n tyd toe die hele wêreld net een taal gepraat het en dieselfde woorde gebruik het.

2. Soos wat die mense se woongebied ooswaarts uitgebrei het, het hulle op ’n vlakte in die land Sinar afgekom en daar gaan woon.

3. Na ’n tyd het hulle vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene wat goed gebak is.” Hulle gebruik toe stene in plaas van klippe en asfalt in plaas van klei.

Genesis 11