1. Esra het voor die tempel van God op die grond geval en gehuil terwyl hy bid en hulle sondes bely. ’n Groot groep mans, vroue en kinders van Israel het saamgekom en hardop saam met hom gehuil.
2. Sekanja seun van Jegiël, uit die familie van Elam het gereageer en gesê: “Ons bely dat ons aan ons God ontrou was, ons het met hierdie vreemde vroue van die land getrou. Maar daar is tog nog hoop vir Israel.
3. Kom ons maak nou ’n verbond met ons God dat ons hierdie vroue en hulle kinders sal wegstuur. Ons sal u en die persone wat ons God se bevele respekteer se raad volg. Ons sal u raad gehoorsaam.
4. Staan op! Die aangeleentheid is nou u verantwoordelikheid! Skep moed en doen wat u moet doen, ons sal met u saamwerk.”
5. Esra het opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en die hele Israel ’n eed laat neem dat hulle sal doen wat hulle onderneem het. Hulle het toe die eed geneem.