Esegiël 47:4-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Hier was dit kniediep. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Nou het dit tot by my heupe gekom.

5. Toe meet hy nog 500 meter af, maar toe was die water ’n rivier waardeur ’n mens nie kon loop nie. Die water was diep genoeg dat ’n mens daarin kon swem. Dit het ’n rivier geword waardeur ’n mens nie kon loop nie.

6. Hy vra toe vir my: “Mensekind, het jy dit gesien?” Toe lei hy my terug na die rivier se oewer.

7. Terwyl ek daar loop, sien ek ’n hele klomp bome aan albei kante van die rivier.

8. Hy het vir my gesê: “Hierdie rivier vloei oos deur die woestyn af na die Jordaanvallei toe, waar dit dan in die Dooie See invloei. Die water van dié rivier sal die soutwater van die Dooie See vars maak.

9. Oral waar hierdie rivier loop, bring dit lewe. Vis sal volop wees, want hierdie water sal die soutwater vars maak. Waar die water ook al vloei, sal alles lewe.

10. Vissermanne sal langs die oewers van die Dooie See staan en visvang, van En-Gedi tot by En-Eglajim. Die oewers sal vol nette wees wat in die son drooggemaak word. Allerhande soorte vis sal in die Dooie See wees, net soos in die Middellandse See!

11. Die moerasse en kuile se water sal egter nie vars word nie. Hulle sal soutbronne bly.

12. Allerhande soorte vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare van hierdie bome sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte aan die takke wees. Daar sal elke maand ’n vrugte-oes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei. Die vrugte sal kos wees en die blare sal genesing bring.”

13. “So sê die oppermagtige Here: So lyk die grense waarvolgens jy die land onder die twaalf stamme van Israel moet verdeel: Josef moet twee dele kry.

14. Jy moet die land eweredig tussen die res verdeel. Ek het hierdie land as hulle eiendom gegee omdat Ek aan hulle voorouers belowe het om dit te doen.

15. “Die noordelike grens loop van die Middellandse See af oor Getlon tot by Sedad,

Esegiël 47