16. Die bokant van die altaar was vierkantig, ses meter lank en net so breed.
17. Die boonste vlak was ook vierkantig, sewe meter lank en net so breed. Die afleivoor onder het ’n rand van ’n kwart meter breed gehad en was rondom ’n half meter diep. Daar was trappe aan die oostekant van die altaar.
18. Hy het vir my gesê: “Mensekind, so sê die oppermagtige Here: Hier is die bepalings oor die bring van offers op die altaar en die sprinkel van bloed wanneer die altaar gebou is.
19. Daardie dag moet vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok ’n bul gegee word as ’n sonde-offer. Net hulle mag voor My diens verrig, sê die oppermagtige Here.
20. Jy moet dan van sy bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. Op hierdie manier moet die altaar gereinig word sodat dit versoening kan bring.
21. Dan moet jy die sonde-offerbul neem en dit op die aangewese plek buite die tempelarea verbrand.
22. “Op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder liggaamsgebrek as sonde-offer offer. Dan moet jy die altaar reinig sodat dit versoening kan bring, net soos in die geval van die bul gedoen is.
23. Wanneer jy klaar is met die reiniging, moet jy ’n bul en ’n skaapram, albei sonder liggaamsgebrek, offer.
24. Bied dit vir die Here aan terwyl die priesters sout daaroor sprinkel en dit as ’n brandoffer vir die Here offer.
25. “Elke dag vir sewe dae lank moet ’n bokram, ’n jong bul en ’n ram uit jou kudde, almal sonder enige liggaamsgebrek, as ’n sonde-offer geoffer word.