4. Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die oppermagtige Here. Die oppermagtige Here praat met die heuwels en berge, die klowe en valleie, en die puinhope en verlate stede wat deur al die nasies rondom julle vernietig en bespot is.
5. So sê die oppermagtige Here: Ek is woedend oor die res van die nasies, en veral oor Edom, want hulle het hulle daarin verlustig om my land vir hulleself as buit te vat.
6. “Daarom, profeteer aan die heuwels en berge, die klowe en valleie van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Ek is baie kwaad omdat julle verneder is deur die nasies rondom julle.
7. Daarom, sê die oppermagtige Here, lê Ek ’n plegtige eed af dat hierdie nasies verneder sal word.
8. Maar die berge van Israel sal groot vrugte-oeste dra om gereed te maak vir my mense wat terugkeer. Hulle kom gou weer huis toe!