5. Die Here het dan immers vir Moses beveel om vir die Israeliete te sê: “Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek ’n tree verder saam met julle moet trek, gaan Ek julle vernietig. Haal af julle juweliersware. Ek sal kyk wat Ek met julle moet doen.”
6. Vandat hulle van Sinai af weg is, het die Israeliete nie weer juweliersware gedra nie.
7. Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af opgeslaan. Hy het dit “die ontmoetingstent” genoem. As iemand by die Here raad gesoek het, het hy na die ontmoetingstent buite die kamp gegaan.
8. Wanneer Moses uit die kamp na die tent toe gegaan het, het al die mense by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het Moses agternagestaar tot hy in die tent van ontmoeting ingegaan het.
9. Die oomblik wanneer hy die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgesak. Dit het oor die deur van die tent bly hang terwyl die Here daar met Moses gepraat het.
10. Wanneer die volk die wolkkolom oor die tent se deur sien hang het, het hulle opgestaan en by die ingang van hulle tente gekniel om die Here te aanbid.
11. Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk. Wanneer Moses daarna weer na die kamp toe teruggekom het, het Josua die seun van Nun wat hom gehelp het, daar agtergebly. Hy het nie van die tent af weggegaan nie.