Deuteronomium 32:38-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Waar is daardie gode nou wat die vet van hulle offers geëet en die wyn van hulle drankoffers gedrink het? Laat daardie gode opstaan en jou help! Laat hulle aan jou skuiling gee!

39. Besef dit nou: Ek, ja, Ek, is die Here! Daar is geen ander god as Ek nie. Ek is die Een wat doodmaak en wat lewe gee; Ek is die een wat verwond en gesond maak. Niemand kan uit my krag gered word nie.

40. My hand lig Ek nou op na die hemel en verklaar:So seker as wat Ek lewe,

41. wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het en begin met die uitoefeningvan die reg, dan sal Ek wraak neem op my vyande en sal Ek terugbetaaldié wat My haat.

42. Ek sal my pyle deurdrenk met met bloed en my swaard sal vleis verslind:die bloed van dié wat geslag is, die gevangenes en die koppe van die leiers van die vyande.’

43. “Juig, alle nasies, oor sy volk, want Hy wreek die bloed van sy dienaars. Hy neem wraak op sy vyande en doen boetevir sy land en vir sy volk.”

44. Moses het saam met Josua, die seun van Nun, gekom en al die woorde van hierdie lied aan die volk oorgedra.

45. Toe Moses hierdie woorde klaar aan die volk geleer het,

46. het hy bygevoeg: “Neem al die woorde ter harte wat ek vandag aan julle gee. Dra dit ook oor aan julle kinders as ’n bevel sodat hulle elke woord van hierdie gebooie sal gehoorsaam.

47. Hierdie bepalings is nie sommer net woorde nie – dit is julle lewe! Deur gehoorsaam daaraan te wees, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat julle met die oorsteek van die Jordaanrivier in besit sal neem.”

48. Daardie selfde dag nog het die Here vir Moses gesê:

49. “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab oorkant Jerigo. Kyk uit oor die land Kanaän, die land wat Ek aan die volk Israel gaan gee as hulle eie besitting.

50. Jy sal daar op die berg sterf en by jou voorouers aansluit, net soos jou broer Aäron op Horberg gesterf en by sy voorouers aangesluit het.

51. Beide van julle was ontrou aan My voor die oë van die Israeliete by die water van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn. Julle het nagelaat om my heiligheid onder die Israeliete te handhaaf.

52. Jy sal dan die land regoor jou van ’n afstand af sien, maar jy self mag nie die land binnegaan wat Ek aan die volk Israel gee nie.”

Deuteronomium 32