17. Hulle het offers gebring aan demone wat nie gode was nie, gode wat hulle nie geken het nie,gode wat onlangs aangekom het, gode wat hulle voorouers nooit gedien het nie.
18. Julle het die Rots verlaatwat julle verwek het, die God vergeet wat julle voortgebring het.
19. “Die Here het dit alles gesien en hulle verwerp. Sy eie seuns en dogtershet Hom kwaad gemaak.
20. Hy het gesê: ‘Ek sal hulle verlaat.Ek sien wat dan gebeur, hoe hulle tot ’n einde kom! Hulle is ’n verdraaide geslag, kinders sonder integriteit.
21. Deur hulle aanbidding van gode wat nie bestaan nie,het hulle My jaloers gemaak. Met hulle nuttelose afgode het hulle My kwaad gemaak. Nou sal Ek hulle jaloers maak deur ander nasies te seën.Ek sal hulle kwaad maakdeur dwase heidene te seën.
22. Want my woede is aangesteek soos ’n vuur, en dit brand tot in die dieptesvan die graf.Dit verteer die aarde en sy opbrengs,die fondamente van die bergesteek dit aan die brand.
23. Ek sal rampe op hulle ophoop en hulle met my pyle afskiet.
24. Ek stuur teen hulle ’n uitmergelende hongersnood, ’n vurige koors en dodelike siekte.Hulle sal geteister word deur tande van wilde diere, deur giftige slange wat in die stof seil.
25. Op straat bring die swaard kinderloosheid,en binnekant heers die angs.Jong mans en vroue sal omkom, babas en ook oumense.
26. Ek het besluit om hulle te verstrooi,sodat selfs die gedagte aan hulle sal verdwyn.
27. Maar Ek was bevrees dat die vyand My sou tart,dat hulle teenstanders kan misverstaan en sê: Ons krag het gewen! Dit was nie die Herewat dit gedoen het nie!’
28. “Israel is ’n nasie sonder verstand. Daar is geen begrip onder hulle nie.
29. Was hulle maar wys, sou hulle verstaanen sien wat hulle lot sal wees!
30. Hoe kan een mens duisend van hulle jaag, en hoe kan twee mense tienduisend laat vlug, as hulle Rots hulle nie verkoop het,en die Herehulle nie oorgelewer het nie?
31. Maar die rots van ons vyande is nie soos ons Rots nie,soos selfs ons vyande moet toegee.