7. Daarna het hulle by die vesting van Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete langs gekom. Toe het hulle na die suide van Juda, so ver as Berseba, gegaan.
8. Hulle het die hele land deurkruis en hulle opdrag na nege maande en twintig dae voltooi en na Jerusalem toe teruggekeer.
9. Joab het aan die koning verslag gedoen oor die sensus. Daar was 800 000 manne van weerbare ouderdom in Israel en 500 000 in Juda.
10. Nadat Dawid die sensusopname laat maak het, het sy gewete hom begin pla. Hy bely toe teenoor die Here:“Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het.Vergeef tog my oortreding, Here,want ek het ’n baie dwase ding gedoen.”
11. Die volgende oggend, nadat Dawid opgestaan het, het die profeet Gad, die siener van Dawid, na hom toe gekom. Die woord van die Here het na Gad gekom. Dit het gesê:
12. “Gaan sê vir Dawid: ‘Dit is wat die Here sê: Ek gee jou drie keuses. Kies een van die volgende strawwe en Ek sal dit laat gebeur.’”