3. Hy moet hom nie aan drank vergryp of gewelddadig wees nie. Hy moet sagmoedig en vredeliewend wees; hy moet ook nie geldgierig wees nie.
4. Hy moet sy eie huisgesin goed kan bestuur en op waardige wyse oor sy kinders gesag uitoefen.
5. Want as ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg?
6. ’n Ouderling moet nie ’n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ’n val te bring.
7. Die buitestanders moet ook goed van hom praat sodat hy nie in die duiwel se strik trap en tot skande kom nie.
8. Op dieselfde manier moet diakens mense wees wat gerespekteer word. Hulle moenie dubbelpraters wees, hulle aan drank vergryp of geldgierig wees nie.
9. Hulle moet verbind wees aan die geopenbaarde waarheid van die Christelike geloof, en hulle moet met ’n skoon gewete leef.
10. Voordat hulle as diakens aangestel word, moet hulle eers getoets word. As dit blyk dat hulle onbesproke is, kan hulle as diakens dien.
11. Net so moet hulle vroue gerespekteer word en nie kwaad praat van ander nie. Hulle moet selfbeheersing openbaar en getrou wees in alles wat hulle doen.
12. ’n Diaken moet getrou wees aan sy vrou, en hy moet sy kinders en huishouding goed beheer.