1 Kronieke 9:27-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Hulle het in die nag rondom die huis van God gebly, want hulle moes dit beskerm. Dit was ook hulle werk om die ingange elke oggend oop te sluit.

28. Party van die hekwagters moes ook sorg vir die verskillende gereedskap wat in die tempel gebruik is. Hulle moes sorg dat dit uitgeneem en teruggebring word sonder dat iets verlore gaan.

29. Ander was verantwoordelik vir die meubels en al die heilige voorwerpe, ook die fynmeel, wyn, olie, wierook en speserye.

30. Maar dit was die priesters wat die speserye en wierook voorberei het.

31. Mattitja, ’n Leviet en oudste seun van die Koragiet Sallum, was verantwoordelik vir die brood wat vir die offers gebak is.

32. En party lede van die Kehatietegroep was verantwoordelik vir die brode wat elke Sabbat op die tafel geplaas is.

33. Die musikante, almal prominente Leviete, het in die tempel gewoon. Hulle was vrygeskeld van ander verantwoordelikhede omdat hulle alle ure aan diens was.

34. Al hierdie mans het in Jerusalem gewoon. Hulle was die hoofde van Levitiese families en is in hulle stamme se geslagsregisters as prominente leiers aangeteken.

35. Jeïel, die pa van Gibeon, het in Gibeon gebly. Sy vrou se naam was Maäka,

36. en sy oudste seun se naam was Abdon. Jeïel se ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was die pa van Sima. Al hierdie families het naby mekaar in Jerusalem gebly.

39. Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

1 Kronieke 9